Aug
3

Michael Bezuidenhout Couture

Posted by Administrator

Michael Bezuidenhout Couture

Michael Bezuidenhout Couture

Michael Bezuidenhout Couture

MBezuidenhout Couture is sinoniem met tydlose elegansie en styl. Binne hierdie nuwe korporatiewe identiteit, funksioneer Michael Bezuidenhout as hoofontwerper van die modehuis, met Luzanne  as getroue en baie bekwame assistent. Michael en sy fenominale span sit hart en siel in elke skepping.
Sy stuurwiel en steunpilaar wat die moontlikhede kon waarneem en die etiket op die been gebring het, is sy ma – hoofdirekteur van MBezuidenhout Couture – Martie Bezuidenhout.

Michael het sy diploma in Ingeneurswese (Elektriese Sterk Stroom) in 1995 behaal, maar direk daarna in mode-ontwerp ingegaan. Reeds in sy eerste jaar het hy uitgestaan as ontwerper en is hy aangewys as een van vier jong ontwerpstudente om SA te verteenwoordig in België by die internasionale jongontwerpers kompetisie. Tussen 178 deelnemers van 38 lande behaal hy ‘n brons medalje.

Hy het al verskeie toekennings verower, onder meer “Mees klassieke ontwerper in SA” (1998-1999), algehele wenner as SA se Bruidsontwerper (1998-1999), “SA’s Christmas & Millenium Visual Displayer of the year” (1999). Ook klee hy al vir vele jare verskeie van ons verteenwoordigers vir Mev. SA asook Mej. SA en is die amptelike ontwerper van verskeie model- en skoonheidskompetisies. Onder sy kliënte vind ons die wie’s wie van ons land, name soos Amor Vittone, Zuraija Jardine, Claudia Henkel, Cindy Nell, Theresa Benade en vele meer.

Luzanne Barlow werk tans by MBezuidenhout Couture as assistent en produksie bestuurder. Sy het haar studies voltooi in die skilderagtige dorpie, Stellenbosch, by Elizabeth Galloway Academy of Fashion Design. Sy was ook semi-finalis in die Durban July Young Designers Award 2007.

www.weddingdresseshub.co.za

Speak Your Mind

Tell us what you're thinking...
and oh, if you want a pic to show with your comment, go get a gravatar!


CommentLuv Enabled